Thursday 8 May 2014

Tragiese busongeluk buite Oudtshoorn





FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR

Opvolg: Sterfte syfer na 11 aangepas.  Pad weer oopgestel vir verkeer. Daar was 53 (bus-personeel ingesluit) mense op die bus, waarvan 33 gehospitaliseer is. 10 mense is reeds ontslaan.


SUID-KAAP NUUS - 'n Passasiersbus het vanoggend net na 02:00 sowat 13km voor Oudtshoorn op die haarnaalddraai omgeslaan.

Die bus was onderweg vanaf George na Oudtshoorn.

Volgens Suid-Kaap-polisiewoordvoerder, kaptein Malcolm Pojie, lyk dit asof die drywer beheer oor die bus op die draai verloor het.

Volgens berigte is 11 mense dood, maar die polisie wil nie in hierdie stadium die dodetal bekendmaak nie.

"Feitlik al die oorlewende passasiers is beseer en die drywer is na die hospitaal geneem vir skok," het Pojie wel gesê.

Die pad tussen Oudtshoorn en George (vanaf die Oudtshoorn-afrit) is gesluit vir verkeer.

Meer inligting volg soos dit bekendgemaak word.

- George Herald