Thursday 9 January 2014

Opvolg: Meiringspoort gesluit

OUDTSHOORN NUUS - Die ses mense wat sedert gisteraand in Meiringspoort vasgekeer was, is vanoggend deur die Metro-nooddienste se Skymed-helikopter opgepik.

Die vloedskade aan Meiringspoort is op plekke ernstig en die poort bly onbepaald gesluit, waarskynlik vir die duur van die naweek aangesien skade aan die padoppervlak aangerig is.

Alhoewel al die vasgekeerdes nou veilig is, is daar nog drie vragmotoers, vier motors, ‘n bakkie, ‘n polisievoertuig en ‘n ambulans wat nog nie uit die poort gebring kan word nie.

DRINGENDE WAARSKUWING
Inwoners en boere onder die Stompdrifdam en langs die Olifantsrivier word gewaarsku van moontlike vloedwaters wat nog in die rivier kan afkom.

- Oudtshoorn Courant