Weather and Disaster related posts relating to the Western- and Southern Cape Areas. Also some interesting worldwide weather,disaster and space weather/mission posts at times.
Pages
- Home
- Disclaimer/Indemnity: Mossel Bay Weather 2013
- SCP/Garden Route Private WX Stations
- SCP/Garden Route Webcams
- SA Historical WX and Disaster Events
- Interactive WX Map: SCP/Garden Route
- WX Prediction: Mossel Bay, George, Knysna, Plett and Oudtshoorn
- DIY Weather and Disaster Projects Page
- Upper Level Sigwx Chart
Friday, 10 January 2014
Mossel Bay Advertiser: Strande met opdrifsels besaai
MOSSELBAAI NUUS - Die swaar reën en vloede in die Groot Karoo het 'n plaaslike nadraai gehad toe opdrifsels uit die Gouritzrivier op Danabaai se strande uitgespoel het.
Tientalle mense het gister laatmiddag op Danabaai se strande gestaan en kyk hoe die see 'n swart rif opdrifsels, bestaande uit boomstompe, takke en bosse, selfs dromme en konkas, op die strand uitspoel.
'n Rubberboot is agter die opdrifsels opgemerk. 'n Blou houer wat in die see gedryf het, het herinner aan die vier dwelmvondse die afgelope feestyd. Uiteindelik het net 'n halwe blou plastiekhouer uitgespoel.
Vanoggend het die strand vir sover as wat die oog kon sien besaai gelê met tonne opdrifsels.
Mense het gister laatmiddag op Danabaai se strande gestaan en kyk hoe die see 'n swart rif opdrifsels, bestaande uit boomstompe, takke en bosse, selfs dromme en konkas, op die strand uitspoel.
- Mossel Bay Advertiser
Labels:
flash flooding,
Flooding,
Heavy Rain,
Thunderstorm