Saturday 15 November 2014

Foto’s: Tornado in Mpumalanga afgeneem - Maroela Media




ʼn Stormstelsel oor Carolina in Mpumalanga het glo Vrydagoggend ʼn skouspelagtige tornado veroorsaak. Cas en Marie Joubert was by die Nooitgedachtdam toe hulle die tornado gesien en afgeneem het. Hul seun Nico het dit op sosiale media gelaai. Elizabeth Webster, ʼn weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse weerdiens in Pretoria, het aan Maroela Media gesê hulle het berigte van die tornado ontvang, maar kan nie bevestig of daar wel een was nie, aangesien hul radar nie so ver strek nie. “Ons kan wel bevestig dat daar ʼn stormstelsel in die betrokke gebied voorgekom en sedertdien in kleiner stelsels opgebreek het,” het sy gesê. Daar is ʼn 60% kans vir donderbuie in die omgewing.carolina-tornado2 Het jy ook kiekies van die tornado? Stuur dit gerus vir ons na nuus@maroelamedia.co.za

-  Maroela Media

MSBWX: Tot op hede is nog geen berigte van skade ontvang nie.  Bostaande is net weereens 'n bewys van hoe belangrik dit is om die weer te monitor.  Enige storm kan groot skade en lewensverlies veroorsaak.  Dit is derhalwe van kardinale belang dat weerwaarnemers inligting deurstuur aan @SAWXREP op Twitter sodat die publiek op hoogte gehou kan word van intense weerstoestande.