Tuesday 18 November 2014

And here is the reason for the power failure at SAWXREP and MSBWX this morning in Heiderand, Mossel Bay. (18 November 2014)

MOSSELBAAI NUUS - ‘n Man (40) van Die Strand, mnr Sandi Dyalaza, is vanoggend omstreeks 08:00 dood toe hy aan ‘n 66 000 volt elektriese kabel blootgestel is. Die voorval het plaasgevind by die Total-vulstasie op die N2. Die man was besig met opknapwerk by die petrolpompe toe hy die steier van een punt na ‘n ander geskuif het toe dit aan oorhoofse elektriese kabels geraak het. Nog ‘n werknemer, mnr Gladstone Vermeulen, is geskok en met brandwonde in die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal opgeneem. Die krag was tydelik af in Heiderand, Danabaai en KwaNonqaba as gevolg van die fratsongeluk.

ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS