Dit sal nie net sport vir amper elke smaak bied nie, maar ook bykomende pret vir die algemene publiek, wat uitgenooi word om aan die Mosswalk-pretstap, ‘n straatparty en ‘n hondeskattejag deel te neem.
Die fees word deur die Mosselbaaise Munisipaliteit gereël om die dorp te bemark, en ‘n gesonde leefwyse aan te wakker, open amptelik op Vrydag 3 Oktober, met onderskeidelik karate-, muurbal-, skaak-, skolekrieket-, brug- en raakrugbytoernooie.
Op Saterdag 4 Oktober sluit die program karate, veerpyltjies, motorsport, muurbal, ligtegereiboothengel, spanatletiek, krieket, sokker - insluitende binnenshuise sokker, pluimbal, gholf, tennis, rolbal, netbal, ‘n seilvaartkompetisie, lewensredding, jukskei, sagtebal, rugby, Oosterse gevegkuns en skaatsplankresies in.
Op Sondag 5 Oktober volg motorsport, skaak, krieket, domino’s, sokker, rolbal, seilvaarte en skaatsplankresies. Die seilvaartkompetisie en krieket hou aan tot 7 Oktober.
Daar sal ook binnenshuise basketbal vir gestremdes op 7 Oktober wees, terwyl ‘n krieketfees vir o/13’s, wat op 10, 11 en 12 Oktober sal plaasvind, ook deel van die fees vorm.
‘n Pretstap oor 5km om die Punt en via Marshtraat, Kerkstraat, Markstraat, Stasieweg, Blandstraat en Michellweg, begin om 11:00 op Saterdag 4 Oktober by die Laerskool Milkwood, waar dit ook eindig. Deelnemers word aangemoedig om vroeg in te skryf, en die eerste 300 inskrywings sal elk ‘n gratis T-hemp ontvang.
Gedeeltes van Marshstraat sal tydens die fees gesluit word vir onder meer die skaatsplankresies (tussen Plazaweg en Cuffstraat) en die straatparty, ook op Saterdag 4 Oktober, wat in die gedeelte tussen Michellstraat en Beachstraat sal plaasvind.
Die straatparty gedeelte sal vol stalletjies wees, terwyl plaaslike talent op die klankverhoog vanaf 12:00 tot 22:00 sal optree.
Die honde-skattejag word op Sondag 5 Oktober, van 12:00 tot 13:00, op Santosstrand ten bate van die Dierebeskermingsvereniging gehou. Pryse is op die spel en die inskrywingsgelde beloop R5 per poot en tekkie.
Besoek www.mosselbay.gov.za vir die volledige feesprogram.
- Mosselbaai Advertiser
MSBWX: Hier is die jongste weervoorspelling vir die volgende drie dae. Dit lyk of die weer gaan saamspeel en verwag ons mooi weerstoestande vir die tydperk van die fees. MSBWX sal daagliks 'n weervooruitskouing plaas tot en met die 7 Oktober 2014.
Weerkaart - "Weatherforecast.com" (Klik on te vergroot.)