Friday, 10 October 2014

Fleesbaai, Mosselbaai - Vliegtuig land in pad

SUID-KAAP NUUS - As 'n vliegtuig genoodsaak word om te land, gebeur dit soms dat die naaste openbare pad die enigste uitweg is.

Dit was op Donderdag 2 Oktober die geval toe 'n vliegtuig van die Flight Training College in George op die Vleesbaai-pad moes land. 'n Motoris het dit vreemd gevind en foto's aan die Mossel Bay Advertiser gestuur.

Met navraag het Walter Waldeck, uitvoerende direkteur van Flight Training College, verduidelik dat daar tegniese probleme met die vliegtuig se enjin ondervind is, waarna die vlieƫnier genoodsaak was om 'n noodlanding in die naaste stil pad met geen risiko vir private eiendom, te doen.

Uit die foto's is dit ook duidelik dat daar geen skade aan die vliegtuig was nie. Die voorval is na die Civil Aviation Authority verwys.



- Mossel Bay Advertiser