Saturday 7 June 2014

Mosselbaai: Kragonderbreking hierdie Sondag (8 Junie 2014)

MOSSELBAAI NUUS - Verskeie areas in Mosselbaai sal Sondag, 8 Junie, sonder elektrisiteit wees.

Die areas is: Mosselbaai Punt-gebied, Mosselbaai Sentraal, Gholflandgoed, Santos Haven, Santos-gebied, De Bakke, Tarka, D'Almeida, Uitbreidings 6,7, 8 en 22, en Joe Slovo.

Die kragonderbreking sal vanaf 08:00 tot 18:00 duur.

Indien die weer ongunstig is, sal die onderbreking op Sondag, 15 Junie plaasvind.

- Mosselbaai Advertiser