Tuesday 13 May 2014

Calitzdorp: Plaaswerker dood na weerlig hom tref

CALITZDORP NUUSFLITS - ‘n Plaaswerker van Gamka-Oos, Calitzdorp is verlede week Donderdag dood nadat ‘n weerligstraal hom vermoedelik op ‘n trekker getref het.

Damon Adams (28) was op die trekker op pad na die opstal toe die storm opsteek.
Hy het op die trekker gesterf.

“Adams het na bewering gewerk toe die storm omstreeks 16:00 opsteek,” het kaptein Joey Strydom, stasiebevelvoerder van Calitzdorp-polisie Maandag gesê. “Hy was deur die rivier op pad huis toe."


- Oudtshoorn Courant