MOSSELBAAI NUUS - 'n Ontsnapping van chloorgas weens by die Pinnacle
Point-rioolsuiweringsaanleg het geen impak op die omgewing gehad nie.
Volgens 'n verklaring deur die munisipale woordvoerder, mnr Harry Hill,
is die silinders onmiddellik toegedraai sonder dat daar enige nadelige
gevolge vir mens of natuur was.
"Die oorsaak en plek van die gaslek, 'n klep wat nie behoorlik gesluit
het nie, is intussen herstel. Dit is die enigste vorm van chloor wat by
die aanleg gebruik word, en dit word as standaardprosedure in die
suiweringsprosesse gebruik.
"Die gesuiwerde rioolwater word vir besproeiingsdoeleindes na die
opgaardam van die Pinnacle Point-gholflandgoed gepomp, en hulle vraag is
so groot dat die aanleg nie genoeg kan voorsien nie. Geen gesuiwerde
rioolwater, wat in elk geval aan streng standaarde gestel deur die
Departement van Waterwese moet voldoen, word van die rioolaanleg
weggevoer sodat dit in die see kan beland nie," sĂȘ mnr Hill.
- Mossel Bay Advertiser
Weather and Disaster related posts relating to the Western- and Southern Cape Areas. Also some interesting worldwide weather,disaster and space weather/mission posts at times.
Pages
- Home
- Disclaimer/Indemnity: Mossel Bay Weather 2013
- SCP/Garden Route Private WX Stations
- SCP/Garden Route Webcams
- SA Historical WX and Disaster Events
- Interactive WX Map: SCP/Garden Route
- WX Prediction: Mossel Bay, George, Knysna, Plett and Oudtshoorn
- DIY Weather and Disaster Projects Page
- Upper Level Sigwx Chart