Sunday 2 March 2014

George: Man (20) verdwyn in see

Twee van die vermiste man se mede sokkerafrigters, 'n Ier en 'n Engelsman, is deur ER 24 op die toneel behandel .

GEORGE NUUS - 'n 20-jarige lid van die George Sportakademie in Thembalethu word vermis na hy vanmiddag omstreeks 13:00, slegs 'n paar 100 meter van die NRSI-basis by Wildernisstrand, in die see verdwyn het.

Twee van sy mede sokkerafrigters, 'n Ier en 'n Engelsman, is deur ER 24 op die toneel behandel en na die hospitaal geneem nadat hulle ook in die moeilikheid in die onstuimige see beland het.

Hulle het albei water ingeneem en het baie ongemak verduur.

Die buitelanders is deel van 'n opleidingsuitruilprogram by die akademie wat voorheen as OAM Sports Academy bekend gestaan het.

Die vermiste het die o/17 sokker-span afgerig.

- George Herald