Thursday 9 January 2014

Willowmore: Gesin gered deur ‘wonderwerk’

Foto: Andra Korff

Hul vurige gebede in ’n doringboom het die wonderwerk gestuur wat hom en sy gesin gisteroggend in ’n ­Karoo-kitsvloed net buite Willowmore help oorleef het.

Só het ’n oorstelpte Barry Hugo, van Kloof in Durban, gisteroggend telefonies gesê vanuit Willowmore, waar hy, sy vrou, Ester, en Rencia (22) en Jonathan (19) nog gewag het op ’n ­familielid wat hulle tot by ­George se lughawe sou neem.

Die Hugo’s se eie motor is in die amper-ramp afgeskryf. Die drama het hom gister omstreeks 02:30 op die N9, 18 km buite Willowmore, afgespeel nadat 200 mm reën binne ’n uur oor die gebied uitgesak het.

Lees meer HIER

- Volksblad