05:57 (GMT+2), Thu, 09 January 2014 - Meiringspoort: Motor beland in rivier - Nooddienstewerkers is terug Meiringspoort toe nadat 'n motor laat laasnag in die rivier beland het.
Motoriste is steeds vasgekeer en nooddienstewerkers sukkel om by hulle uit te kom aangesien die rivier nou sterk in vloed is.
Die poort is steeds gesluit.
21:08 (GMT+2), Wed, 08 January 2014 - Meiringspoort gesluit - De Rust- en Klaarstroom-polisie het laat weet die
rivier in Meiringspoort styg nadat dit die laaste uur weer gereën het.
Mense wat vanaf Oudtshoorn Beaufort-Wes toe ry, moet by De Rust wegdraai
Willowmore toe en van daar oor Aberdeen na Beaufort-Wes ry.
Mense wat vanaf Beaufort-Wes Oudtshoorn toe kom, word versoek om nie die
borde te ignoreer wat by Beaufort-Wes aandui dat die pad gesluit is
nie. Motoriste moet van Beaufort-Wes via Aberdeen en Willowmore
Oudtshoorn toe ry.
'n Kameraspan van die SABC slaap vanaand op Klaarstroom oor en mense wat
nie die ompad wil ry nie, word aangeraai om ook eerder oor te slaap.
Sover ons kon vasstel kon een verkeersbeampte wat in die begin van die
poort vas was 'n paar minute terug uitkom, maar die ander is egter
verder die poort in en is steeds vasgekeer.
- Oudtshoorn Courant
Weather and Disaster related posts relating to the Western- and Southern Cape Areas. Also some interesting worldwide weather,disaster and space weather/mission posts at times.
Pages
- Home
- Disclaimer/Indemnity: Mossel Bay Weather 2013
- SCP/Garden Route Private WX Stations
- SCP/Garden Route Webcams
- SA Historical WX and Disaster Events
- Interactive WX Map: SCP/Garden Route
- WX Prediction: Mossel Bay, George, Knysna, Plett and Oudtshoorn
- DIY Weather and Disaster Projects Page
- Upper Level Sigwx Chart