Sunday 24 November 2013

Mosselbaai: Vreemde voorwerp spoel op strand uit


GROOT-BRAKRIVIER NUUS - 'n Vreemde staal voorwerp het by die mond van Groot-Brakrivier uitgespoel.

Dit is die eerste keer op Dinsdag, 19 November in die see opgemerk.

Die struktuur is ongeveer 19 meter lank. Die onderste 12 meter was, te oordeel aan die skulpdiere en mossels daaraan, vir 'n geruime tyd onder water en waarskynlik geanker.

As enigiemand weet wat die oorsprong van die voorwerp is of aan wie dit behoort, kontak gerus die kantore van die Mossel Bay Advertiser by 044 690 7156 of los 'n boodskap op ons Facebook-blad.

- Mosselbaai Advertiser