Friday 10 April 2015

Mosselbaai - Bestuurder sterf grusaam in brand in die Robertsonpas

Die bestuurder van 'n vragmotor wat gisteroggend net voor 08:00 in die Robinsonpas omgeslaan het, het grusaam gesterf toe die kajuit waarin hy vasgekeer was, uitgebrand het.
 
Volgens nooddienswerkers was die vragmotor in vlamme gehul toe hulle op die toneel kom. Volgens die woordvoerder van ER24, Russel Meiring, is die vuur binne 15 minute geblus waarna die liggaam van 'n persoon in die be-stuurdersitplek gevind is.
 
Die vragmotor het aan die Mosselbaai kant van die pas in 'n draai omgeslaan en aan die brand geslaan. Die passasier, wat verskeie snywonde opgedoen het kon daarin slaag om betyds uit die kajuit te kom.
 
Hy is per ambulans na 'n hospitaal in Mosselbaai geneem. 'n Lid van die SAPD wat teen druktyd op die toneel was het bevestig dat die vragmotor aan Danie Vermeulen Vervoer van die Noordkaap behoort en dat die oorledene die 26 jarige mnr Patrick Pitso was.
 
Die pas was die grootste gedeelte van die dag gesluit en verskeie swaar voertuie wat nie kon omdraai nie, moes tot ongeveer 12:00 wag voordat die trok geskuif kon word om hulle deur te laat.
 
Die pas is weer vir verkeer gesluit nadat die swaar voertuie deurgery het en is eers laat gistermiddag weer oopgestel.
 
Klik hier onder vir vorige nuusflitse:
 
- Mossel Bay Advertiser