OUDTSHOORN NUUS - Werkspanne van Eden distriksmunisipaliteit en die provinsiale paaie afdeling het gisteroggend vroeg begin met opruimingswerk in Meiringspoort nadat die poort Woensdagaand gesluit is as gevolg van oorstromings.
Die poort is Woensdagaand omstreeks 19:00 gesluit na ’n wolkbreuk tussen Klaarstroom en Beaufort-Wes uitgebreek het. Dit blyk dat ongeveer 64 mm reën binne slegs 45 minute geval het.
Met die besoek van die Oudtshoorn Courant gisteroggend het dosyne swaar vragmotors weerskante van Meiringspoort gewag dat opruimingswerk voltooi word.
"Ek staan al hier van gisteraand halfagt af en ek moet maar wag, want dit gaan te duur wees om die ompad oor Willowmore te ry," sê Joseph, 'm langafstand vragmotorbesuurder wat op pad is na Kimberley.
Nog 'n vragmotorbestuurder wat al vir bykans 14 ure voor die poort geag het was op pad met aflewerings na Laingsburg en moes ook maar geduldig wag.
Bykans al die driwwe en laagwaterbruggies was oorstoom mt modder en vol opdrifsels wat reuse stompe ingesluit het. 'n Stootskraper en drie meganiese grawe is ingespan om die pad weer oop te kry.
Die poort is gister teen 12:00 oopgestel en motoriste is gemaan om stadig te ry en eenrigting verkeer is op plekke deurgelaat terwyl opruiming steeds voortgegaan het.
Opruimingswerk en herstelwerk in die poort is minder as twee maande gelede afgehandel na 'n ernstige vloed in Februarie verlede jaar groot skade aangerig het.
Boere in die omgewing van Klaarstroom het groot verliese gely. Van die landerye langs die Grootrivier het in die slag gebly, terwyl een boer ongeveer 800 voerbale verloor het. Hierdie skade kom minder as ’n jaar nadat ’n vloed in Februarie 2014 ook talle landerye en heinings weggespoel het. Die boere wag steeds op die uitbetaling van die vloedskade het een van die boere die Oudtshoorn Courant meegedeel.
Op Oudtshoorn was die weer baie swaar en het donderweer en blitse die lugruim bo die dorp gevul. Die paar druppels reën wat in die dorp geval het, het egter geen verligting aan die hitte van die afgelope paar dae gebring nie.
Klik hier vir 'n vorige artikel.
Verkeer dam op by Meiringspoort.
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
Weather and Disaster related posts relating to the Western- and Southern Cape Areas. Also some interesting worldwide weather,disaster and space weather/mission posts at times.
Pages
- Home
- Disclaimer/Indemnity: Mossel Bay Weather 2013
- SCP/Garden Route Private WX Stations
- SCP/Garden Route Webcams
- SA Historical WX and Disaster Events
- Interactive WX Map: SCP/Garden Route
- WX Prediction: Mossel Bay, George, Knysna, Plett and Oudtshoorn
- DIY Weather and Disaster Projects Page
- Upper Level Sigwx Chart