Brand op die Outeniquaberge na die donderweer. Foto geneem van Klapperbosrant deur Caron Hoffman Goslett.
OUDTSHOORN NUUS - Kwaai weerlig wat gistermiddag oor die Klein-Karoo en Outeniquaberge voorgekom het, het tot verskeie brande gelei wat vandag nog voortwoed.
Sover vasgestel kan word, is daar brande in die Swartberge, Gamkaberge, in die berge naby Middelplaas sowel as die Outeniquaberge.
Hannes Visser, Oudtshoorn Courant-redakteur, berig dat brandspanne op die onderskeie tonele besig is om die brande te beheer.
Verdere inligting sal deur die loop van die dag bekendgemaak word.
- Oudtshoorn Courant