Saturday 11 January 2014

Meiringspoort-oorstromings 14:33 (GMT+2), Fri, 10 January 2014

Foto: Oudtshoorn Courant-redakteur, Hannes Visser, op een van die laagwaterbruggies. 

OUDTSHOORN NUUS - Meiringspoort is steeds dig gesluit vir verkeer.

Die Oudtshoorn Courant het vanoggend met behulp van die mense van Magic Moppers, wat verantwoordlelik is vir die instandhouding van die poort se fasiliteite, deur die poort gery.

Die padoppervlak is op plekke heeltemal weggespoel en die skouers van die pad is op plekke ook heeltemal uitgekalwe. Reuse klippe, stompe en hope grond en klip lê by elke drif en was vanoggend slegs met 4x4 voertuie toeganklik.

JR Towing was vanoggend met behulp van ‘n groot insleepvoertuig van die Weermag besig om ses voertuie wat Woensdagnag deur die vloedwaters oorspoel is te verwyder.

Volgens kenners wat in die poort was, is die kanse uiters skraal dat die poort die naweek oop sal wees. Al die rusplekke is beskadig en daar is geen water by die ablusiegeriewe nie aangesien die pyp ook weggespoel het.

Mense wat tussen Beaufort-Wes en Oudtshoorn reis word gevra om die roete via Aberdeen en Willowmore te gebruik.

Vanoggend het dit nog hard in die poort gereën maar aan Klaarstroom se kant het dit teen 09:00 nie meër gereen nie. “Dit beteken egter nie dat die reën opgeklaar het en dat die rivier nie weer kan afkom nie,” het ‘n lid van die nooddienste vanoggend gewaarsku.

Die Oudtshoorn Courant het vanoggend met behulp van die mense van Magic Moppers, wat verantwoordlelik is vir die instandhouding van die poort se fasiliteite, deur die poort gery. 

Die padoppervlak is op plekke heeltemal weggespoel en die skouers van die pad is op plekke ook heeltemal uitgekalwe.

ARTIKEL EN FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR